Subscribe by Email

Die voormalige boekhouer word weens bedrog in hegtenis geneem

justIn die Suid-Kaap het die Valke ‘n voormalige boekhouer van ‘n ouetehuis in Mosselbaai in hegtenis geneem wat na bewering byna 700-duisend Rand gesteel het. Die 38-jarige vrou sal volgende maand in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal. Volgens ‘n woordvoerder het ‘n onafhanklike ouditeursfirma teenstrydighede in die ouetehuis se finansiële rekord opgemerk.