Subscribe by Email

Die VF-Plus verkla twee ministers oor die hantering van die Nkandla-sage

Mulder-ffplusDie Vryheidsfront Plus het die minister van polisie, Nathi Nhleko, en die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, by die Openbare Beskermer en die parlementêre komitee op Etiek aangekla na aanleiding van die Nkandla-debakel. Partyleier Pieter Mulder sê die verslag wat die twee aan die Parlement voorgelê het, het bevind dat al die opgraderings by Nkandla veiligheidsopgraderings was en dat president Jacob Zuma geen bedrag hoef terug te betaal nie.