Subscribe by Email

Die vervloekte hoender het ontplof!

Inwoners van Freedom Park het ’n hoender laat “ontplof” omdat hulle geglo het dat die dier vervloek was.

’n Vrou het die hoender buite haar kamervenster gevind, aangetrek met ’n rooi en wit stuk materiaal wat deur sangomas gebruik word. Langs die hoender was twee klein botteltjies wat klaarblyklik muti bevat het. Op die een botteltjie was geskrywe “imfene” (bobbejaan) en op die ander een “mamlambo” (waterslang).

’n Inwoner, Rebecca Mosala sê dat priesters het die vorige dag ’n gebedsbyeenkoms teen heksery gehou en gewaarsku dat iets die volgende oggend sou gebeur.

Die inwoners het die hoender na ’n oop stuk sportgronde geneem, waarop hulle ’n kan paraffien oor die hoender uitgegooi het en dit toe aan die brand gesteek het. Mosala sê die hoender het ontplof toe dit aan die brand gesteek word.

”Ons wou sien wat kom uit die hoender, maar dit het tot as verbrand” sê Mosala.

Die stasiebestuurder van Radio Mafisa, Ntsiki Fongoma was teenwoordig en hy sê dat die hoender ontplof het en die ontploffing het die vuur aangehits.

Fongoma sê dat inwoners van mening is dat die hoender ’n vloek oor hulle sou bring. – Sapa