Subscribe by Email

Die strop trek al stywer om Brasilië se president

brazil_25005Brasilië se Laerhuis het gestem om te begin met stappe om president Dilma Rousseff in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Sy word beskuldig van die onwettige manipulering van begrotingsrekenings om staatstekorte te verbloem tydens haar herverkiesingsveldtog in 2014. Rousseff ontken dat sy iets verkeerds gedoen het en sê  vorige regerings het soortgelyke maatreëls gebruik. Die land se Senaat moet nou vroeg volgende maand besluit of die optrede teen haar sal voortgaan.