Subscribe by Email

Die stand van Hoër onderwys in Suid Afrika

1maxpriceDie visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price sê president Jacob Zuma en minister Blade Nzimande het die geleentheid laat verbygaan om die hoër onderwyskrisis op te los. Price sê indien die akademiese jaar nou tot stilstand kom, sal dit rampspoedige gevolge inhou. Hy het die regering gekritiseer omdat dit glo te lank neem om die situasie te ontlont. Twee studente van die UK is vroeër in hegtenis geneem tydens protesoptrede. Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande sê studente se geldige eise word gekaap en dat betogings die onderwystelsel destabiliseer. Hy sê die regering bied ontsaglike geleenthede vir arm studente om verder te studeer. Nzimande het gepraat terwyl gewelddadige protesoptrede voortduur by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg. Twee polisiebeamptes en verskeie studente is beseer nadat die polisie rubberkoeëls, traanrook en skokgranate gebruik het om betogers te keer wat klasse wou ontwrig. Die visekanselier van Wits, Adam Habib het die besluit om die polisie se hulp in te roep, verdedig. Habib sê volgens ‘n hofinterdik mag betogende studente nie lesings ontwrig nie.

Die visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg, Adam Habib het die besluit om die polisie se hulp in te roep, verdedig. Habib sê volgens ‘n hofinterdik mag betogende studente nie lesings ontwrig nie. Intussen het die sekretaris-generaal van die Wits-studenteraad, Fasiah Hassan ‘n beroep op betogende studente gedoen om vreedsaam te betoog. Dit volg na die polisie en studente slaags geraak het voor die Groot Saal op die Braamfonteinkampus. Die polisie het rubberkoeëls, skokgranate en traanrook gebruik om studente uiteen te jaag. Volgens berigte is twee polisielede, ‘n student en ‘n joernalis beseer. Vier studente is in hegtenis geneem omdat hulle glo geweld aangehits het.

Twaalf studente is vroeër by die Universiteit van Johannesburg se Soweto-kampus in hegtenis geneem. Volgens die polisie het die groep toegang tot die kampus versper. Hulle word aangehou by die Kliptown-polisiestasie. ‘n Polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, sê hulle sal môre vir openbare geweld aangekla word.

Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price sê president Jacob Zuma en minister Blade Nzimande het die geleentheid laat verbygaan om die hoër onderwyskrisis op te los. Price sê indien die akademiese jaar nou tot stilstand kom, sal dit rampspoedige gevolge inhou. Hy het die regering gekritiseer omdat dit glo te lank neem om die situasie te ontlont. Twee studente van die UK is vroeër in hegtenis geneem tydens protesoptrede.

Akademiese aktiwiteite by die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley bly gesluit nadat studenteleiers en die universiteit se bestuur vandag vergader het om te besin oor die pad vorentoe. Studente het verlede week amok gemaak op die kampus en eiendom vernietig. Altesaam 24 studente is in verband met die oproer in hegtenis geneem. Die studente hou vol dat klasse nie sal hervat voordat owerhede nie gehoor gee aan hul eise vir geen verhoging in klasgelde nie. Die studenteraadsvoorsitter, Tiro Cwaile, sê die studente staak nou reeds twee weke en om nou klasse te hervat, sal beteken dat hulle die stryd gewonne gee en dat hul opofferings tot nou toe vrugteloos was.

Studentebetogings is beëindig by die Durbanse Universiteit van Tegnologie. Die Universiteit sê in ‘n verklaring dat klasse Woensdag hervat sal word. Lesings is die afgelope week ontwrig. Die waarnemende adjunk-visekanselier, Theo Andrew sê die bestuur en die studenteraad het ‘n ooreenkoms bereik.

One Response to Die stand van Hoër onderwys in Suid Afrika

  1. Rens Roodt

    Oktober 5, 2016 at 10:10 am

    NET SOLANK DIE BLANKES NIE MEER BELASTING BETAAL NIE – GENOEG IS GENOEG