Subscribe by Email

Die staking in die petroleumsektor gaan voort

petrolDie Brandstofkleinhandelaarsvereniging sê die staking in die petroleumbedryf sal net ‘n groot invloed op brandstofvoorraad hê as dit weke lank voortduur. Duisende lede van die vakbond Ceppwawu het gister begin staak vir ‘n verhoging van nege persent, terwyl die werkgewer ses en ‘n half persent aanbied. In 2011 het ‘n staking van agtien dae tot brandstoftekorte gelei. Die vakbond sê hy gaan ander vakbonde oorreed om ook te begin staak, insluitend organisasies wat petroljoggies verteenwoordig.