Subscribe by Email

Is die Staat se boorgate ook gekaap?

boreholedrillingAnnette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, het volgens ‘n artikel in Landbou.com geen spoor kon vind vir enige van die 1276 boorgate wat die regering na bewering laat boor het vir sogenaamde droogtehulp nie. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kon nie antwoord waar boorgate as deel van droogtehulp gesink is, hoeveel dit gekos het en of daar wel water gevind is  toe hy verslag aan die Parlement se portefeuljekomitee gedoen het nie.

Voorheen was daar deur die departement aangedui dat sewe boorgate in KwaZulu-Natal geboor en toegerus is teen gemiddeld R342 000 stuk, 48 boorgate in die Vrystaat het elk R250 000 gekos en so ook die 65 in Limpopo en die 48 in Noordwes.

Volges ‘n kommentator moet ‘n boorkontrakteur aan die boorgatwatervereniging behoort. Dan word die gate geboor volgens Waterwese se standaarde en spesifikasies. Daar moet volledige register gehou word met formasie tipe  en ook GPS koördinate,  en elke boorgat se nommer moet ook daarin weergee word

Landbou berig Steyn het einde verlede jaar begin ondersoek instel na die ligging van die boorgate wat as droogtehulp gesink is, nadat sy hulle nie kon opspoor nie. “Na byna ’n jaar kry ek steeds nie ’n lys van GPS-koördinate waar die boorgate gesink is, wat die koste van die boorgate is, of water gevind is en watter maatskappye die tender daarvoor gekry het nie.”

Herman Steyn, ‘n boorkontrakteur beweer ‘n 100 m boorgat met voering kos ongeveer R 40 000 tot R 50 000. Die volledige pompinstallasie nog R 20 000 tot R 30 000 daarby. Dit is baie vêr verwyderd van die beweerde R250 000 elk.

Ander boorgatoperateurs wat reageer het, beweer die paar gate wat hulle gesink het, het hulle nooit betaling ontvang voor nie.

Die vraag is nou, waar is die boorgate waarop gemiddeld R 250 000 op spandeer was elk? Is die boorgate, of die geld gekaap?