Subscribe by Email

Die Staat het genoeg bewyse

terro1Die Staat gaan die Johannesburgse landdroshof vandag weer probeer oortuig dat daar genoeg bewyse was om die Thulsie-tweeling in hegtenis te neem op aanklag van terreur. Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie is drie weke gelede in die stad aangekeer omdat hulle na bewering na Sirië wou reis om by Islamiese Staat aan te sluit, en terreuraanvalle op Amerikaanse en Joodse belange in Suid-Afrika wou uitvoer. Verlede week is getuig dat digitale aanwysings oor die maak van bomme op Brandon-Lee se rekenaar gevind is, asook foto’s van die twee in bomgordels. Hulle regsverteenwoordig betoog dat hulle inhegtenisneming wederregtelik was en dat hulle op borgtog vrygelaat moet word.