Subscribe by Email

Die sogenaamde “Slagter van Bosnië” word skuldig bevind aan oorlogsmisdade

radoRadovan Karadzic, die voormalige leier van die afgeskeie Serwiese Republiek in Bosnië, is voornemens om teen sy vonnis te appelleer. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy strafregtelik verantwoordelik was vir oorlogsmisdade en misdaad teen die mensdom. Die aanklagte hou verband met aanvalle op burgerlikes in Sarajevo gedurende die konflik in Bosnië. Dit was die bevinding van die internasionale misdaadtribunaal vir die voormalige Joego-Slawië wat die 70-jarige Karadzic tot 40 jaar tronkstraf gevonnis het. Die sogenaamde “Slagter van Bosnie” staar 11 aanklagte van oorlogsmisdade in die gesig wat tussen 1992 tot 1995 gepleeg is.