Subscribe by Email

Die soektog na Vlug MS804 duur voort

Flight_MS804_from__2875775nDaar word steeds gesoek na die vermiste passasiersvliegtuig van die Egiptiese lugredery, EgyptAir. Vlug MS804 met 66 mense aan boord het op pad van Parys na Kaïro oor die Middellandse See vermis geraak. ‘n Ondersoekspan wat drie Franse ondersoekbeamptes en ‘n tegniese adviseur van Airbus insluit lei die ondersoek. Amptenare sê die moontlikheid dat die vliegtuig weens ‘n daad van terrorisme geval het, is groter as die moontlikheid van ‘n tegniese fout. Griekeland se hoof ondersoekbeampte, Athanasios Binis, sê voorwerpe soos reddingsbaadjies wat naby die Griekse eiland Karpathos gevind is, kom nie van die Airbus A320 af soos oorspronklik berig is nie.