Subscribe by Email

Die skade van Nhlanhla Nene se afdanking word bewys

w

w

Die Openbare Beleggingsmaatskappy, PIC, het vandag toegegee dat hy binne 48 uur 99 miljard Rand verloor het nadat president Jacob Zuma  in Desember afgedank het as minister van Finansies. Die inligting is gegee op ‘n vraag wat David Maynier van die Demokratiese Alliansie in die parlementêre komitee op Finansies gevra het. Die PIC voorsien finansiële dienste aan verskeie groot kliënte, insluitend die Staatswerknemers-pensioenfonds. Maynier sê die skade wat aan pensioentrekkers se spaargeld berokken is, bewys dat Zuma verkeerd was toe hy gesê het die invloed van sy besluit is oordryf.