Subscribe by Email

Die regering se appèlaansoek teen Janusz Walus se parool word vandag aangehoor

chris1Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria gaan vandag die regering se appèlaansoek aanhoor teen die besluit om een van Chris Hani se moordenaars op parool vry te laat. Die hof het verlede maand beslis dat Janusz Walus vrygelaat moet word nadat hy meer as 22 jaar tronkstraf uitgedien het vir die moord op die destydse hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in 1993. Die ander moordenaar, Clive Derby-Lewis, is verlede jaar op mediese parool vrygelaat. Die minister van Justisie, Michael Masutha, het appèl aangeteken nadat hy vroeër beslis het dat verdere dialoog met die Hani-familie nodig is voor Walus parool kan kry.