Subscribe by Email

Die privaat ondersoeker Paul O’Sullivan gaan borgtog vra

paulDie privaat ondersoeker Paul O’Sullivan gaan na verwagting vandag aansoek doen om borgtog nadat hy die naweek in hegtenis geneem is op die OR Tambo-lughawe in Gauteng. Die polisie se Valke-eenheid het hom van ‘n vliegtuig verwyder omdat hy na bewering die Immigrasiewet oortree het deur meer as een paspoort by hom te hê. O’Sullivan het ‘n paar jaar gelede bygedra tot die ondergang van die destydse nasionale polisiehoof, Jackie Selebi. Hy word in die Pretoria Sentraal-polisiestasie aangehou.