Subscribe by Email

Die presidensie beskryf ‘n berig deur City Press as skokkende manipulasie

President-Jacob-Zuma-and-one-of-his-wives-step-off-the-planeDie kantoor van die president sê die berig oor president Jacob Zuma en die minister van finansies, Pravin Gordhan, se reisreëlings na Sjina is verdraaid en ‘n manipulasie van inligting. Volgens City Press het die twee hooggeplaastes met verskillende vliegtuie na Sjina gereis vir die G20-beraad – Zuma met ‘n privaat Angolese straler en Gordhan met ‘n kommersiële vlug. Die presidensie sê die artikel skep die indruk dat iets verkeerds en onregverdig plaasgevind het. Hy sê geen melding word gemaak van die ander ministers en adjunkminister wat ook met ‘n kommersiële vlug na Sjina gereis het nie. Die presidensie sê in ‘n verklaring hy hoop nie City Press het besluit om ‘n spesifieke standpunt in te neem en ongeag die feite stories aan te bied volgens ‘n sekere vasgestelde narratief nie.