Subscribe by Email

Die parlement debatteer vandag advokaat Busisiwe Mkhwebane

Busisiwe-MkhwebaneDie Nasionale Vergadering sal vandag stem om te besluit of advokaat Busisiwe Mkhwebane as die volgende Openbare Beskermer aangestel moet word. Mkhwebane se naam moet deur 60-persent of 240 van die 400 parlementslede aanvaar word voordat president Jacob Zuma die finale aanstelling kan maak. Die DA sê hulle sal nie vir Mkhwebane stem nie. Die party sê haar aanstelling sal onredelik wees, aangesien sy glad nie die beste kandidaat vir die pos is nie. Volgens die DA is dit onlogies dat sy bo ander gekwalifiseerde kandidate aangewys is.

Die ANC het die DA se teenkanting as verwarrend, irrasioneel en sonder grondwetlike basis beskryf. Die ANC se hoofsweep, Moloto Mothapo, sê dit is jammer dat, terwyl ander partye die keuringsproses te goeder trou benader, die DA dit met ‘n eng politiese agenda doen om ‘n vooraf vasgestelde agenda te bevorder. Mothapo sê die party steun Mkhwebane omdat sy uitstekende kwalifikasies het wat aan al die wetlike en grondwetlike vereistes vir die pos voldoen.