Subscribe by Email

DIE NASIONALE WEER VOORSPELLING VIR VANDAG: 28 April 2010.

UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN
BLOEMFONTEIN.

WAARSKUWING:
————
Geen.

1.GAUTENG:
———-
Oggend miskolle andersins bewolk en koel.

2.MPUMALANGA:
————-
Oggend miskolle oor die Hoeveld andersins bewolk en koel tot
koud met enkele donderbuie in die weste.
Dit sal warm wees in die Laeveld met motreen
langs die Platorand.

3.LIMPOPO PROVINSIE:
——————–
Oggend miskolle oor die hoogliggende gedeeltes andersins bewolk en koel
tot warm in die Laeveld. Enkele buie en donderbuie
sal voorkom behalwe in die weste.

4.NOORDWES PROVINSIE:
——————–
Gedeeltelik bewolk en koel met oggend miskolle.

5.VRYSTAAT:
————
Gedeeltelik bewolk en koel met enkele buie in die noordooste.

6.NOORDKAAP:
————
Gedeeltelik bewolk en warm maar mooiweer in die verre weste.
Die wind langs die kus sal taamliksterk suid tot suidwes wees.

7.DIE WESKAAP:    
————–
Bewolk en koel langs die suidkus en aangrensende binneland met reen
andersins gedeeltelik bewolk en warm maar mooiweer in die noordweste.
Die wind langs die kus sal taamlik sterk suid tot suidoos
word sterk langs die wes en suidweskus.

8.DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————-
Warm oor die binneland andersins gedeeltelik bewolk en koel, dit
word later bewolk langs die kus en aangrensende binneland met enkele
tot verspreide donderbuie.
Die wind langs die kus sal matig oos tot suidoos wees.

9.DIE OOSTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————–
Gedeeltelik bewolk en warm. Dit sal in die aand bewolk word met
ligte reen en buie langs die kus en aangrensende binneland.  
Die wind langs die kus sal matig oos tot suidoos wees.

10.KWAZULU-NATAL:
—————
Gedeeltelik bewolk en warm maar koel in die weste met enkele
buie en donderbuie.
Die wind langs die kus sal matig suid tot suidwes wees.

11.NAMIBIA:
———–
Mooiweer in die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en warm.
Dit sal koel wees langs die kus met oggend miskolle.  
Die wind langs die kus sal matig suidoos tot suidwes wees.

12.BOTSWANA
———–
Koel in die ooste andersins bewolk en warm met enkele buie en
donderbuie behalwe in die suidweste waar dit gedeeltelik bewolk
sal wees.  

13.LESOTHO
———-
Gedeeltelik bewolk en koel met enkele buie en donderbuie in die
ooste.

14. SWAZILAND:
————–
Bewolk en koel tot warm met motreen in die oggend.