Subscribe by Email

DIE NASIONALE WEER VOORSPELLING VIR VANDAG: 22 MAART 2010.

UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN
BLOEMFONTEIN.

WAARSKUWING:
————
Nil.

1.GAUTENG:
———-
Oggend miskolle oor die hoeveld andersins gedeeltelik bewolk en warm
met enkele donderbuie in die weste.

2.MPUMALANGA:
————-
Oggend miskolle en motreen oor die platorand andersins gedeeltelik
bewolk en warm maar baie warm in die plekke oor die laeveld. Enkele
donderbuie word verwag oor die hoeveld.

3.LIMPOPO PROVINSIE:
——————–
Oggend miskolle en motreen oor die platorand andersins gedeeltelik
bewolk en warm maar baie warm in die plekke oor die laeveld en die
westelike Bosveld. Enkele donderbuie word verwag langs die platorand
en in die suide.

4.NOORDWES PROVINSIE:
——————–
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.

5.VRYSTAAT:
————
Koel in die ooste andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele
donderbuie.

6.NOORDKAAP:
————
Bloedig warm in die noorde andersins gedeeltelik bewolk en warm met
enkele donderbuie in die verre ooste. Dit sal koel wees langs die kus
Die wind langs die kus sal matig suid wees.

7.DIE WESKAAP:
————–
Bewolk en koel langs die kus in die oggend met motreen andersins
mooiweer tot gedeeltelik bewolk en warm.
Die wind langs die kus sal matig tot taamlik sterk suid.

8.DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————-
Oggend miskolle langsdie kus andersins gedeeltelik bewolk en warm  met
enkele donderbuie in die noordooste.
Die wind langs die kus sal matig suidwes wees word suidoos in
die aand.

9.DIE OOSTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————–
Mooiweer en warm tot baie warm word gedeeltelik bewolk met enkele
donderbuie maar verspreid oor die binneland.
Die wind langs die kus sal matig noordoos wees.

10.KWAZULU-NATAL:
—————
Oggend miskolle oor die binneland andersins gedeeltelik bewolk en warm.
Die wind langs die kus sal matig tot taamlik sterk noordoos wees.

11.NAMIBIA:
———–
Baie warm in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele
donderbuie in die noordooste. Miskolle word verwag langs die kus.
Die wind langs die kus sal matig suidwes wees.

12.BOTSWANA
———–
Baie warm in die noorde andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele
donderbuie behalwe in die ooste.

13.LESOTHO
———-
Gedeeltelik bewolk en koel met enkele donderbuie.

14. SWAZILAND:
————–
Oggend miskolle andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.