Subscribe by Email

DIE NASIONALE WEER VOORSPELLING VIR VANDAG: 16 April 2010.

UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN
BLOEMFONTEIN.

WAARSKUWING:
————
Geen

1.GAUTENG:
———-
Gedeeltelik bewolk en warm.

2.MPUMALANGA:
————-
Gedeeltelik bewolk en warm maar word dit bewolk
in die ooste later met motreen langs die Platorand.

3.LIMPOPO PROVINSIE:
——————–
Mooiweer maar word gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.
Dit word bewolk later in die suidooste met motreen langs
die Platorand.

4.NOORDWES PROVINSIE:
——————–
Gedeeltelik bewolk en warm.

5.VRYSTAAT:
————
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie
in die suide.

6.NOORDKAAP:
————
Baie warm in die noorde, andersins gedeeltelik bewolk
en warm met enkele donderbuie in die weste en suide.
Dit sal koel wees langs die kus.
Die wind langs die kus:- Matig suid.

7.DIE WESKAAP:
————–
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie
in die ooste maar bewolk en koel langs die suidkus met
enkele oggend buie.
Die wind langs die kus:- Taamlik sterk suidoos maar suidoos
in die weste.

8.DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————-
Bewolk en koel met enkele buie en donderbuie.
Die wind langs die kus:- Matig tot taamlik sterk suidoos.

9.DIE OOSTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————–
Bewolk en koel met enkele buie en donderbuie.
Die wind langs die kus:- Taamlik sterk suidoos.

10.KWAZULU-NATAL:
—————
Oggend miskolle oor die binneland, andersins gedeeltelik
bewolk met enkele buie en donderbuie.
Die wind langs die kus sal matig tot taamlik suid wees.

11.NAMIBIA:
———–
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die
noorde wat suidwaarts uitbrei later.
Die wind langs die kus:- Matig suid tot suidoos.

12.BOTSWANA
———–
Gedeeltelik bewolk en warm.

13.LESOTHO
———-
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.

14. SWAZILAND:
————–
Gedeeltelik bewolk en warm maar word bewolk in die aand
met motreen.