Subscribe by Email

DIE NASIONALE WEER VOORSPELLING VIR 15 MAART 2010.

UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN
BLOEMFONTEIN.

WAARSKUWING:
————
1. Toestande gunstig vir die onstaan van weghol brande
word verwag in die Weskus Distik van die Weskaap.
2. Bloedig warm toestande word verwag oor die Weskus Distrik
van die Weskaap.

1.GAUTENG:
———-
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.

2.MPUMALANGA:
————-
Bewolk aanvanklik met oggend motreen en miskolle langs die platorand,
andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie.

3.LIMPOPO PROVINSIE:
——————–
Bewolk aanvanklik met oggend motreen en miskolle langs die platorand,
andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die westelike
Bosveld. Enkele donderbuie word verwag behalwe in die noorde.

4.NOORDWES PROVINSIE:
——————–
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.

5.VRYSTAAT:
————
Bewolk in die noordooste aanvanklik,andersins gedeeltelik bewolk en warm
met enkele donderbuie.

6.NOORDKAAP:
———–
Mooiweer en warm maar baie warm in die noorde waar dit sal gedeeltelik
wees met enkele donderbuie.Dit sal koel wees langs die kus met oggend
miskolle.
Die wind langs die kus: Matig suidwes.

7.DIE WESKAAP:
————–
Bloedig warm oor die westelike binneland,andersins mooiweer en warm
maar koel langs die suidkus waar dit sal bewolk wees aanvanklik.
Die wind langs die kus:- Taamlik sterk suidoos,sterk in die suide maar
matig suid langs die weskus.

8.DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————-
Gedeeltelik bewolk aanvanklik,andersins mooiweer en warm maar baie
warm in die noorde.
Die wind langs die kus: Matig oos.

9.DIE OOSTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————–
Bewolk aanvanklik in die noordooste met ligte reen,andersins
gedeeltelik bewolk en warm maar baie warm in die noorde.
Die wind langs die kus: Taamlik sterk oos

10.KWAZULU-NATAL:
—————
Oggend miskolle oor die binneland met reen in die ooste waar dit
sal bewolk wees aanavanklik,andersins gedeeltelik bewolk en warm
met enkele donderbuie.
Die wind langs die kus:- Matig suid tot suidoos word noordoos
van die suide in die aand.

11.NAMIBIA:
———–
Mooiweer in die suidweste, andersins gedeeltelik
bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie.
Die wind langs die kus:- Taamlik sterk suidwes.

12.BOTSWANA
———–
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie,
behalwe in die verre noordooste.

13.LESOTHO
———-
Gedeeltelik bewolk en koel met enkele donderbuie.

14. SWAZILAND:
————–
Oggend miskolle en motreen langs die platorand,andersins bewolk
en koel tot warm met enkele donderbuie.

Besoek ons webtuiste by http://www.weathersa.co.za
Skakel gerus die weerlyn by…083 123 0500 of 082162