Subscribe by Email

DIE NASIONALE WEER VOORSPELLING VIR 11 MEI 2010.

UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN
BLOEMFONTEIN.

WAARSKUWING:
———–
1.Onstuimige see toestande met golwe hoër as 5 meter word verwag
tussen Kaap Columbine en Port St. Johns.

1.GAUTENG:
———-
Gedeeltelik bewolk en koel.

2.MPUMALANGA:
————-
Gedeeltelik bewolk en koel tot warm maar baie warm in die Laeveld.

3.LIMPOPO PROVINSIE:
——————–
Mooiweer word gedeeltelik bewolk en warm maar baie warm in die
laeveld.

4.NOORDWES PROVINSIE:
——————–
Gedeeltelik bewolk en koel.

5.VRYSTAAT:
————
Koel in die ooste andersins mooiweer en koel maar gedeeltelik bewolk
in die suidweste in die oggend.

6.NOORDKAAP:
————
Koud in die suide andersins mooiweer en koel maar gedeeltelik bewolk
in die oggend.
Die wind langs die kus sal matig suidoos wees.

7.DIE WESKAAP:    
————–
Bewolk en koud met enkele buie in die weste en langs die suidkus.
Die wind langs die kus:- Sterk noordwes maar taamlik sterk wes
langs die suidkus.

8.DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————-
Bewolk met enkele ligte buie langs die kus andersins gedeeltelik
bewolk en koel maar koud in die plekke oor die binneland.
Die wind langs die kus:- Sterk wes.

9.DIE OOSTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————–
Enkele ligte buie langs die suidkus andersins gedeeltelik bewolk
en koel maar koud in die plekke oor die binneland.
Die wind langs die kus: Matig suidwes.

10.KWAZULU-NATAL:
—————
Mooiweer in die weste andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele
buie langs die kus in die aand.
Die wind langs die kus sal matig suid tot suidoos.

11.NAMIBIA:
———–
Mooiweer en koel tot warm maar gedeeltelik bewolk oor die Kaprivi dele.
Die wind langs die kus sal matig suidwes wees.

12.BOTSWANA
———–
Mooiweer in die suidweste andersins gedeeltelik bewolk en koel
maar warm in die noorde.

13.LESOTHO
———-
Mooiweer en koel.

14. SWAZILAND:
————–
Gedeeltelik bewolk en warm.