Subscribe by Email

DIE NASIONALE WEER VOORSPELLING VIR: 07 MEI 2010.

UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN
BLOEMFONTEIN.

WAARSKUWING:
————
1.Onstuimige see toestande met golwe hoër as 5 meter
word verwag tussen Kaap Columbine en Port Alfred.

1.GAUTENG:
———-
Gedeeltelik bewolk en koel met enkele donderbuie
in die middag.

2.MPUMALANGA:
————-
Gedeeltelik bewolk en koel maar warm in die Laeveld.
Enkele donderbuie word verwag in die weste.

3.LIMPOPO PROVINSIE:
——————–
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele
buie en donderbuie behalwe in die Laeveld.

4.NOORDWES PROVINSIE:
——————–
Mooiweer en warm maar word gedeeltelik bewolk.

5.VRYSTAAT:
————
Mooiweer en koel tot warm maar word gedeeltelik
bewolk.

6.NOORDKAAP:
————
Gedeeltelik bewolk in die weste aanvanklik, andersins
mooiweer en koel.
Die wind langs die kus sal taamlik sterk suid tot
suidoos wees.

7.DIE WESKAAP:    
————–
Bewolk met ligte reen in die suidweste, andersins
gedeeltelik bewolk en koud maar koel in die ooste.
Die wind langs die kus:- Matig noordwes maar sterk
in die suidweste.

8.DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————-
Mooiweer in die noorde, andersins gedeeltelike en koel
tot koud.
Die wind langs die kus:- Sterk wes maar word suidwes
later en word matig in die aand.

9.DIE OOSTELIKE DEEL VAN DIE OOS KAAP:
————————————–
Gedeeltelik bewolk en koel.
Die wind langs die kus: Matig suidwes.

10.KWAZULU-NATAL:
—————
Oggend miskolle oor die binneland, andersins gedeeltelik
bewolk en warm met reen langs die kus in die aand.
Die wind langs die kus sal matig noordoos wees maar
word suid in die suide later.

11.NAMIBIA:
———–
Gedeeltelik bewolk in die noordooste andersins mooiweer
en warm maar koel in die suide.
Die wind langs die kus sal matig suidwes wees maar lig
indie noorde.

12.BOTSWANA
———–
Mooiweer in die suidweste andersins gedeeltelik bewolk en
warm met enkele donderbuie in die ooste.

13.LESOTHO
———-
Mooiweer en koud.

14. SWAZILAND:
————–
Mooiweer en warm.