Subscribe by Email

Die minister van Vervoer vra ‘n ondersoek na ongelukke met ligte vliegtuie

crashDie minister van Vervoer, Dipuo Peters, het die Burgerlugvaartowerheid gevra om ‘n ondersoek te doen na die oorsaak van drie ongelukke met ligte vliegtuie die afgelope twee dae. ‘n Vliegtuig het eergister in Midrand in ‘n veld neergestort, maar albei insittendes het oorleef. Dieselfde dag is ‘n man dood toe ‘n vliegtuig by Herbertsdale in die Suid-Kaap geval het, en gister het een mens gesterf toe ‘n vliegtuig neergestort het naby die Kitty Hawk-vliegveld in Pretoria. Peters sê die ondersoek moet die optrede en geestelike ingesteldheid van die vlieëniers insluit, asook hulle kwallifikasies om te vlieg.