Subscribe by Email

Die kenner van chemiese wapens, Wouter Basson, is terug in die hof

wouter-bassonDie Apartheidsera se kenner van chemiese oorlogvoering, Wouter Basson, sal vandag weet of sy appèl om die besluit van twee lede van die Raad vir Gesondheidsberoepe tersyde te stel, geslaagd was. Die twee lede van die raad se komitee oor professionele optrede wou hulle nie aan die saak teen hom onttrek nie. Basson is in 2013 skuldig bevind aan onprofessionele optrede nadat bevind is dat hy onprofessioneel opgetree het deur middels te voorsien wat verwarring by mense veroorsaak. Die middels is na bewering tydens ontvoerings oor grense gebruik. Hy sê die voorsitter tydens sy dissiplinêre verhoor, Jannie Hugo, en nog ‘n komiteelid, Eddie Mhlanga, was bevooroordeeld.