Subscribe by Email

Die Goue Leeus ransel WP af

lions-logoDie Goue Leeus het hul kanse in die Curriebeker ‘n hupstoot gegee deur Westelike Provinsie gisteraand op Ellis Park met 58-32 af te ransel. Die Leeus se spoed het die deurslag gegee en het hulle gehelp om agt drieë te druk teenoor WP se vier. Die span van Johannesburg het reeds in die eerste helfte seker gemaak van ‘n bonuspunt deur vyf drieë te druk. Die Haaie verwelkom die Cheetahs vanmiddag in Durban terwyl die Blou Bulle ‘n draai maak by die Poemas in die Mbombela-stadion.