Subscribe by Email

Die EVV steun die betogings in Hammanskraal

4c019e25c5584c499873c0aabd2d9b80Die Ekonomiese Vryheidsvegters sê die gedwonge verskuiwings in Hammanskraal, Gauteng, is ‘n aanduiding van ‘n regering wat nie omgee nie. Twee mense is eergister dood toe geweld losgebars het terwyl die owerhede duisende plakkershutte afgebreek het. Vyf mense is in hegtenis geneem. Die EVV sê die leierskap van die Tshwane Metro in Pretoria moet die skuld kry dat die situasie handuit geruk en gewelddadig geword het.