Subscribe by Email

Die DA wil hê die Openbare Beskermer moet minister van Verdediging ondersoek

Thuli-Madonsela (3)Die Demokratiese Alliansie gaan Openbare Beskermer Thuli Madonsela vra om bewerings te ondersoek dat die Burundese vrou wat die minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, na bewering met staatsbronne onwettig in Suid-Afrika ingesmokkel het, romanties verbind was met haar oorlede seun. Gister is berig dat die vrou se pa, Laurent Wege, beweer dat sy dogter van plan was om met Chumani Nqakula te trou. Hy is verlede jaar vermoor. Die DA sê hy sal voortgaan om die regering toerekenbaar te hou en te verseker dat bekleërs van ampsposte Suid-Afrikaners se behoeftes dien.

President Jacob Zuma sê intussen hy het met Mapisa-Nqakula oor die kwessie gepraat en sy ontken dat sy haar magte misbruik het. Hy oorweeg tans ‘n voorlopige verslag wat hy van haar ontvang het voor hy ‘n besluit sal neem.