Subscribe by Email

Die DA-leier vaar uit teen die ANC oor die Guptas

gupta (1)Die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, sê die manier waarop die ANC president Jacob Zuma en die Gupta-familie skotvry laat wegkom het, is ‘n bewys dat swartmense se lewe nie tel nie. Hy het verwys na die regerende party se besluit om die ondersoek na beweerde staatskaping te laat vaar. Maimane het die DA se sogenaamde Beleid vir ‘n Regverdige Suid-Afrika in die Parlement bekend gestel. Hy het daarop gewys dat dit binnekort die veertigste herdenking is van die Soweto-opstand van Junie 1976 en vra of Suid-Afrika genoeg gedoen het om die foute van die verlede reg te stel en die strukturele ongelykheid te verander wat eeue van kolonialisme en apartheid teweeg gebring het.

One Response to Die DA-leier vaar uit teen die ANC oor die Guptas

  1. Koos

    Junie 7, 2016 at 11:46 am

    Zuma en sy makkers is dwase, hulle is verblind deur rykdom en nog geld en nog vergryping.