Subscribe by Email

Die DA hou ‘n optog na die Grondwethof

20150711gs_2340_Mmusi_MaimaneDie Demokratiese Alliansie gaan vandag ‘n optog na die grondwethof hou om die belangrikheid van die hof se beslissing oor die Nkandla-kwessie te beklemtoon. Die grondwethof het beslis dat die Openbare Beskermer se aanbevelings bindend is en dat president Jacob Zuma en die nasionale vergadering die grondwet oortree het deur nie die OB se aanbevelings te implementeer nie. Hiervolgens moes Zuma ‘n gedeelte van die geld wat aan opgraderings by sy Nkandla-woning bestee is, en wat nie met veiligheid verband hou nie, terugbetaal. Die DA sê indien Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie wil oorleef, kan Zuma nie langer as president aanbly nie.