Subscribe by Email

Die Bybel, ‘n boek duisend

Die woord “duisend” mag moontlik nie ‘n volle duisend keer in die Bybel voorkom nie, maar dit speel ‘n bale belangrike rol, dikwels simbolies. Sommer vroeg leer ons van God se genade – dat God diegene wat Hom gehoorsaam en Sy Gebooie onderhou sal seën tot in die duisendste (oneindige) geslag. Dat die begrip “duisend jaar” dikwels simbolies beskou moet word, is uit die Bybel self duidelik:

· In sommige vertalings word beide 2 Petrus 3:8 en Psalm 90:4 vertaal met: “Vir U (God) is ‘n duisend jaar soos een dag, en een dag soos ‘n duisend jaar.”

· Die Afrikaanse Bybel vertaal die vers in Psalm 90 amper nog mooier: “‘n Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos ‘n enkele wag­beurt van die nag.”

· Die duisend jaar-tydperke word ook mildelik in Openbaring aangewend as tydperke wat Satan sal regeer en gebind sal wees.

Wat vas staan, is dat die duisend jaar gebruik word om die mens te laat verstaan dit is vir die mens ‘n bale lang tydperk, maar vir God nietig. In Prediker word verwys na die ryke: selfs al leef hy twee leeftye van ‘n duisend jaar elk, sal hy steeds niks met hom na die hiernamaals kan saamneem nie. Dit is wanneer dit by ander gebruike van die woord duisend kom dat ‘n mens moot begin kopkrap waar dit simbolies gebruik is, en waar letterlik. Die letterlike gebruik van “duisend” lei byvoorbeeld tot ‘n afleiding dat twee miljoen Israeliete uit Egipte getrek het. Minstens sommige taalkenners meen egter die woord wat met “duisend” vertaal is om hierdie som te kon maak, moes eintlik na stamhoofde verwys, wat ‘n veel meer verklaarbare hoeveelheid Israeliete sou lewer. Immers sou die voorpunt van twee miljoen mense al binne die Beloofde Land gewees het en die agterhoede nog in Egipte, wat onder meer die deurtog deur die Riet- (Skelf-)see problematies sou maak.

Die 144 000 plekke in die hemel word ook meestal simbolies verklaar, met slegs die opdeel daarvan wat verskil. Dit word byvoorbeeld uitgelê as 3 (Drie-eenheid) maal 4 (die vier windrigtings wat oneindig ver uitmekaar is) maal 12 (die twaalf stamme) maal duisend (die oneindige getal). Ander gebruik ook die tien (Tien Gebooie).

Argeologiese opgrawings van vestings wat met die banvloek getref is, dui daarop dat die gemeenskappe dikwels net uit ‘n paar honderd siele kon bestaan, bitter ver van die “tienduisende” wat doodgeslaan is. Weer eens bestaan die gedagte dat dit ‘n simboliese uitdrukking, eerder as nume­ries, was. Vir God maak getalle immers nie saak nie, soos ander meer blyk uit die duisende wat weggestuur is sodat Gideon uiteindelik, met God se hulp, ‘n oorwinning met slegs ‘n spreekwoordelike Gideonsbende kon be­haal.

In hoe ‘n mate het die Ou-Testamentiese (en later Sadduseër-) lering van aan God gehoorsaam leef en dan lank te leef (dae verleng word) die opteken van die Bybel beïnvloed? As die latere opskrywer terugkyk en die mondeling oorvertelde geskiedenis moet opteken sodat dit die karakter van ‘n stamregister moot aanneem en dus ouderdomme insluit, water norm gebruik hy om te bepaal hoe oud ‘n ander geword het? Het hy nie dalk kennis geneem van die leerstelling dat ‘n volmaakte lewe ‘n persoon se dae sal verleng nie? En as ‘n duisend jaar nou die norm van vol­maaktheid sou wees — in wese die ewigheid — dan sou die persoon se lewenswandel immers daardie lei­drade kon verskaf, en iemand soos Metusalem amper ‘n duisend jaar oud kon word. Henog, die volmaak­te, sterf dan glad nie.

‘n Probleem met die presiese toekenning van waardes aan getal­le en veral tye is dat dit die opening laat vir mense om ook “bereke­nings” te maak om sake te probeer uitpluis wat bedoel is om vir die mens geslote te wees — niemand behalwe die Vader weet wanneer die wederkoms plaasvind nie. Hierdie duidelike Bybelse waarheid word egter telkemale deur “profe­sieë” en berekenings omseil om mense op te sweep om hulle eien­dom te verkoop en die eindtyd of te wag.

Die enigste numeriese bood­skap is dat ons getalle en tye nie God se tye is nie. So gesien, was ie­mand wat duisende jare gelede dood is, skaars ‘n oomblik in die graf as die wederkoms oor duisen­de jare plaasvind.

Is dit dan nog nodig om werklik, wanneer ons met God se begrippe te make het, nodig om ons koppe te breek oor die “stand” van die af­gestorwene se siel voor die weder­opstanding — die nuwe skepping?

Ons moet nooit in die slaggat trap om van die Bybel ‘n syferboek of wetenskapboek te maak nie — dis ‘n Geloofsboek met die liefdes­boodskap.

Dit is vir ons genoeg— dit maak die Bybel ‘n boek duisend, buite­ om die mens se hoop op volle begrip.
Herman Toerien