Subscribe by Email

Die Britse eerste minister David Cameron tree af

davidDie Britse eerste minister David Cameron het aangekondig dat hy in Oktober gaan aftree nadat kiesers in die Verenigde Koninkryk gestem dat die land die Europese Unie verlaat. Die Verenigde Koninkryk het met 52 persent gestem om die EU te verlaat teenoor die 48 persent wat daarteen was. Cameron het tydens sy aankondiging gesê hy sal probeer om sake oor die volgende weke en maande rustig te hou, maar het bygevoeg dat nuwe leierskap nodig is.

Intussen het ‘n ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, gesê hy is verras dat Brittanje besluit het om die Europese Unie te verlaat. Die Suid-Afrikaanse Rand het die grootste daling sedert 2008 teen die Dollar getoon en het tot ‘n rekord-laagtepunt teen die Jen gedaal sedert die uitslag van die referendum bekend geword het. Roodt sê hy kan glad nie voorspel wat volgende gaan gebeur nie…