Subscribe by Email

Die ANC se nuwe hoofsweep in die parlement

jackson_mthembuDie voormalige ANC-woordvoerder, Jackson Mthembu, is aangestel as die party se nuwe hoofsweep in die parlement. Die voormalige hoofsweep, Stone Sizani, het bedank om die pos van ambassadeur in Duitsland te aanvaar. Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê hy het volle vertroue in Mthembu.