Subscribe by Email

Die ANC se nasionale werkskomitee vergader

1e4cd5a4a66a43678a8eaf71fce6ffbfDie ANC se nasionale werkskomitee vergader vandag te midde van toenemende oproepe dat president Jacob Zuma moet bedank. Die Amerikaanse koerant New York Times skryf in ‘n hoofartikel dit is ‘n skande dat die ANC toelaat dat sy morele en politieke gesag so erg weggekalwe deur net een man. Dit volg op verlede week se Grondwethof-uitspraak dat Zuma die Grondwet oortree het toe hy Openbare Beskermer Thuli Madonsela se Nkandla-verslag ignoreer het. Die komitee gaan na verwagting ook aandag gee aan ander uitdagings waarmee die regerende party te kampe het voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing.