Subscribe by Email

Die ANC-leierskap bekragtig die party se reaksie op die Grondwethof se uitspraak

Nkandla-report (1)Die nasionale leierskap van die ANC het die verslag bekragtig wat die party se nasionale ampdraers opgestel het na aanleiding van verlede week se Grondwethof-uitspraak oor Nkandla. Die hof het bevind dat president Jacob Zuma die Grondwet oortree het toe hy hom nie gesteur het aan Openbare Beskermer Thuli Madonsela se bevinding dat hy aanspreeklik is vir die terugbetaling van ‘n deel van die staatsgeld wat aan sy privaat landgoed bestee is nie. Die verslag beveel onder meer aan dat die hofbevel gehoorsaam word dat die geld terugbetaal word.

Die party se nasionale werkskomitee het gister op ‘n buitengewone vergadering in Kaapstad sy volle steun aan Zuma toegesê. Hoofsekretaris Gwede Mantashe sê daar sal nou regstreeks in gesprek getree word met meningsvormers wat die afgelope dae hulle siening uitgespreek het, insluitend die stryd-veteraan Ahmed Kathrada en Dennis Goldberg wat tydens die Rivonia-verhoor aangekla is.

 

One Response to Die ANC-leierskap bekragtig die party se reaksie op die Grondwethof se uitspraak

  1. Rens Roodt

    April 5, 2016 at 10:44 am

    zuma moet alles terugbetaal – nie slegs n gedeelte nie – hy kan mos in sy ampwonings bly gedurende sy tydperk en sy eie geld gebruik vir nkandla – ons werk hard vir ons geld – dan moet ons nog belasting betaal – die gemors wil net steel – steel ander se spaargeld en pensioene om homself te verryk – hierdie dief zuma beteken niks vir die samelewing – korrupsie word in die nag deur hom en sy trawante beplan en in die dag uitgevoer