Subscribe by Email

Die agtste Taste of Cape Town-smulfees, 10 – 12 April by Groenpunt-krieketklub

capetown

Feeskrone is die amptelike geldeenheid, elk R5 werd. Geregte kos 4 tot 8 krone. Standaard-toegangskaartjies kos R80 elk aanlyn en sluit ’n proeglas in. Dit kos R100 by die deur. Premium-kaartjies kos R180 aanlyn en sluit jou toegang, proeglas en feeskrone ter waarde van R100 in (R200 by die deur). Kaartjies vir die Taste Clubhouse-ervaring kos R685. Dit sluit in blitstoegang tot die fees, ’n proeglas, feeskrone ter waarde van R150, ’n komplementêre kroegdiens (bier, wyn en koeldrank) in ’n private klubhuis en ’n Taste of Cape Town-geskenk.

Kaartjies is aanlyn op www.­itickets.­co.­za beskikbaar.

Dié feeste lok jaarliks meer as 325 000 besoekers in 18 internasionale stede. In Suid-Afrika word Taste of Cape Town gevolg deur Taste of Durban (24-26 Julie) en Taste of Joburg (24-27 September). Besoek ​tasteofcapetown.­com vir nader besonderhede.Taste of Cape Town1