Subscribe by Email

Dewani hofsaak – staatsgetuie bly geheim!

dewani

Kaapstad  – Staatsgetuie in die britse sakeman, Shrien Dewani se moordverhoor wat 6 Oktober begin bly ‘n geheim.

Dewani het in April vlugtig in die Wes-Kaapse hooggeregshof verkyn. Hy is daarvan aangekla dat hy die moord van sy bruid Anni beplan het terwyl hulle op hul wittebrood was in Kaapstad in 2010.

Drie mans is al reeds skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis vir die moord op Anni, en hulle het vir Dewani in die moord betrek.

Die familie van Anni Dewani wie die saak gaan bywoon het te kenne gegee dat hulle ten gunste daarvan is dat die hofsaak op televisie uitgesaai word.

“Sy was natuurlik my dogter, maar vandat sy geskiet is, het sy die wêreld se dogter geword,” het haar pa, Vinod Hindocha, gesê.

“Ek is gevra of ek enige beswaar daarteen sal hê, maar ek het nie. As ek moet oordeel aan die duisende briewe wat ons kry van mense wat ons nog nooit eens ontmoet het nie, dink ek daar is baie belangstelling in die saak.”

Die finale besluit hieroor sal berus by Regter Jeanette Traverso wat die saak verhoor.

Bron: EWN News