Subscribe by Email

Deurbraak in navorsing oor melanoomkanker

Navorsers van die Universiteit van Leuven in België het bekend gemaak dat hulle vasgestel het presies hoe melanome ontstaan. Die bevindings word in  die vaktydskrif Nature Medicine gepubliseer.

Hoewel die nuutste ontdekkings nie genesing van melanoomkanker, een van die aggressiewe kwaadaardige vorme van velkanker  bevorder nie, kan dit  bestaande behandelingstrategieë sterk optimaliseer. Op die duur sal dit ook help om medisyne te ontwikkel.

Die behandeling van melanoomkanker is op die baie moeilik omdat dit baie weerstandig teen chemoterapie is, en die nuut-ontwikkelde BRASF-inhibering ook nog nie vir ‘n deurbraak gesorg het nie.

Die navorsers het vasgestel dat by melanoomkanker die gewasonderdrukker, p53, se werking herstel kan word deur die invloed van die eiwit MDM4 te beperk. Die melanoomkanker is dan meer vatbaar vir chemo.

Hoofbron: http://www.nieuwsblad.be/article/detail.aspx?articleid=DMF20120722_102

Video by http://www.standaard.be/artikel/detail.aspx?artikelid=DMF20120722_00230715

Foto: Melanoom: http://dermatologie.free.fr/cas21b.htm

 

 

Herman Toerien