Subscribe by Email

Dertigduisend rand word na bewering vermis van Griekse sokkerspan

Die polisie het bevestig dat daar ’n onbekende bedrag geld verdwyn het van die Griekse sokkerspan waar hulle tuisgaan in die luukse Beverly Hills hotel in Umhlanga.

Die hotelbestuur ontken dit.  Onbevestigde berigte dui aan dat ten minste R 30 000.00 het verdwyn en dat die hotel die geld terugbetaal het aan die sokkerspan, sonder dat daar ’n diefstal klag geopen was.

Beverly Hills hotel se algemene bestuurder, Patsy Esposito het gister gese dat geen geld vanaf die hotel gesteel is nie, maar dat hulle ’n interne ondersoek self behartig daaroor, sonder om die polisie te betrek.

Die polisiewoordvoerder Brigadier Phindile Radebe sê dat niemand ’n saak geopen het nie en dat hulle verstaan dat daar geld gesteel is van die sokkerspan, maar dat die hotel hulle laat weet het dat die saak intern ondersoek word deur die hotelbestuur self.