Subscribe by Email

Dekade, ‘n viering van 10 jaar se sukses in die musiekbedryf

Eden se nuwe Album, Dekade.

‘n viering van 10 jaar se sukses in die musiekbedryf.

Die uitreiking van Suid–Afrika se mees populêre popgroep Eden se nuwe album, “Dekade”, is ‘n viering van 10 jaar se sukses in die musiekbedryf.
Hierdie dubbel album bestaan uit hulle top treffers asook splinternuwe snitte wat beloof om Eden vir nog 10 jaar bo aan die trefferlys te hou.

“Dekade” beloof om in die voetspore te volg van hulle vorige twee uiters suksesvolle albums, “EDEN’’ en “Knieë lam’’ wat albei meer as dubbel platinum status bereik het.

Die drie dinamiese manne se album “EDEN” het gesorg vir verskeie toekennings – 3 SAMA nominasies waarvan een gewen is vir beste Afrikaanse Pop Album asook twee Huisgenoot Tempo toekennings vir beide Gunsteling Popgroep en Gunsteling Pop album. Dié album het ook die Vonk Toekenning vir beste Groep Album en die MK Toekenning vir die sexyste groep vir Eden ingesamel.

Die album daarna, “Knieë Lam”, het dubbel platinum status bereik in die eerste 4 maande wat dit uitgereik is. `n DKNT toekenning is ook aan hulle gegee omdat hulle met `n nuwe album die nommer een plek behaal het in die eerste week van uitreiking. Soos ons EDEN met hulle baanbrekerswerk ken, is dit dan ook die eerste keer in die geskiedenis dat die toekenning gemaak is. Kort daarna wen hulle weer die SAMA vir Beste Afrikaanse Pop Album.

Wanneer mens na die omslag van die album kyk, mag mens dink dat EDEN se status as Suid–Afrika se beste Afrikaanse popgroep toegeskryf kan word aan voorkoms. Begin jy egter luister na die dubbel album met al sy treffers, besef jy dat hulle geseënd is met uitsonderlike talent.