Subscribe by Email

Debakel rondom die Soedannese president dringend bespreek word.

Mmusi_MaimaneDie DA-leier, Mmusi Maimane, sê die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, het ingestem dat die debakel rondom die Soedannese president, Omar al-Basjir,  dringend bespreek word.

Maimane sê hy het die debat aangevra nadat Al-Bashir ,wat deur die Internasionale Strafhof gesoek word  weens onder meer misdade teen die mensdom, Maandag daarin geslaag het om die land onwettig te verlaat.

Die voorsitter voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies het gister geweier dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa vrae  oor die kwessie beantwoord.

One Response to Debakel rondom die Soedannese president dringend bespreek word.

  1. Hettie Hattingh

    Junie 19, 2015 at 10:53 am

    Reg. Ons sit al voor ons kassies en wag!