Subscribe by Email

De Kock slaan puik honderdtal

Quinton de Kock of Delhi Daredevils runs in his 100th run for his century during match 11 of the Vivo IPL ( Indian Premier League ) 2016 between the Royal Challengers Bangalore and the Delhi Daredevils held at The M. Chinnaswamy Stadium in Bangalore, India,  on the 17th April 2016 Photo by Ron Gaunt / IPL/ SPORTZPICS

Quinton de Kock of Delhi Daredevils runs in his 100th run for his century during match 11 of the Vivo IPL ( Indian Premier League ) 2016 between the Royal Challengers Bangalore and the Delhi Daredevils held at The M. Chinnaswamy Stadium in Bangalore, India, on the 17th April 2016
Photo by Ron Gaunt / IPL/ SPORTZPICS

Quinton de Kock het ‘n puik honderdtal aangeteken en die Delhi Daredevils gehelp om die Royal Challengers Bangalore met sewe paaltjies te verslaan in hulle Indiese Premiersliga-wedstryd in Bangalore. De Kock se 108 lopies het van net 55 balle gekom en hy en Karun Nair het ‘n vennootskap van 134 lopies om die derde paaltjie opgebou. Die tuisspan het vroeër 191 vir vyf aangeteken danksy ‘n tweedepaaltjie-vennootskap van 107 van net 65 balle deur AB de Villiers en Virat Kohli. Delhi het die wenteiken egter van die eerste bal van die laaste boulbeurt verby gesteek.