Subscribe by Email

De Klerk vervang Rudy Paige in die begin vyftiental in laaste toets Saterdag

1fafDie skrumskakel Faf de Klerk en Damian de Allende is ingesluit in Suid-Afrika se span wat Saterdag in Durban teen Nieu-Seeland te staan kom in die Springbokke se laaste toets van die Kampioenskapsreeks. De Klerk vervang Rudy Paige in die begin vyftiental, nadat Paige harsingskudding opgedoen het tydens die span se oorwinning oor Australië in Pretoria. De Allende vervang Jesse Kriel, wat uitgelaat word weens ‘n liesbesering. Juan de Jongh skuif van binne- na buitesenter, met De Allende wat die nommer 12 trui sal dra. Die twee vleuels, Bryan Habana en Francois Hougaard sal posisies ruil vir die toets. Die res van die span bly onveranderd.