Tuisblad » 1:31 pm Entries posted on “July, 2011”

Nuuskommentaar: Siriese opstand en die stryd om Hama

Foto: Reuters

Nadat berigte die afgelope paar dae die Weste bereik het dat Siriese tenks die stad Hama in effek omsingel het, het die berigte Sondagoggend ‘n geskokte Weste bereik dat die tenks Hama ingeval het en dat tientalle mense omgekom het. Die Berliner Unschau berig dat die Duitse Minister van Buitelandse Sake die slagting dadelik veroordeel [...]

1:31 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Wêreld | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Klappertand en Springbokrugby

Sneeman

Herrie het dit al dikwels gesê: die Oos-Vrystaat lewer van die beste Springbokke op, veral in die voorry. Almal weet dit al, behalwe die Bokke se afrigter en “keurder,” Peter de Villiers. Nou kan hy self sien wat gebeur as hy die Wallabies en All Blacks sonder ‘n Oos-Vrystater aandurf. Hy probeer nou iets doen [...]

9:40 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Naweekrugby: Groot kommer en baie trane

Rugby

Gaan asseblief die fynskrif van Peter de Villiers se kontrak na. Is daar nie dalk ‘n tegniese punt waarop De Villiers se sê in spankeuses opgeskort kan word nie? Of – dreig hom met die prestasieklousule om afstand te doen van spankeuses doen. Oom Anneries van Ficksburg met die halwe long sal ‘n beter keurder [...]

5:00 pm | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Vrystaatse straatname in spervuur

Magashule

Strate in die Vrystaat kan oor ‘n jaar ander name hê, berig die Free State Times in ‘n voorbladberig, en opposisiepartye het ontevrede op dié vooruitsig gereageer. Die jongste pleknamelopie kom na Premier Ace Magashule op Brandfort, tydens die oorhandigingseremonie van ‘n huis, die kwessie geopper het. Die doel van die straatnaamsveranderinge is om die [...]

7:03 am | Posted in Algemeen,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Wet ongrondwetlik

regter

Die besluit van pres. Jacob Zuma om hoofregter Sandile Nqcobo se termyn te verleng, is eenparig deur die Grondwetlike Hof as ongrondwetlik bevind. Die hof het bevind dat artikel 8a van die Wet op die Vergoeding en Diensvoorwaardes van Regters ongrondwetlik is. Zuma het dié artikel ingespan om die termyn te verleng. Verskeie instansies het [...]

11:57 am | Posted in Algemeen,Nuus,Regsnuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Clive Derby-Lewis benoem as leier van die Volksraad Verkiesingskommissie

Clive Derby-Lewis

Die veroordeelde moordenaar, Clive Derby-Lewis, wat tronkstraf uitdien vir die sluipmoord op die destydse hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party, Chris Hani, is benoem as leier van die regse organisasie, die Volksraad Verkiesingskommissie. Negentien kandidate is benoem – onder wie ook ‘n boer van Mpumalanga, Abel Malan, wat tans tereg staan op aanklagte van aanranding [...]

8:42 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Navo neem twee grensposte van Kosovo oor na geweld

Kosovo

Die geweld by Kosovo se grensposte met Serwië waartydens Serwiese nasionaliste ‘n grenspos met ‘n brandbom afgebrand het en ‘n Kosovaarse polisieman gedood het, het daartoe gelei dat die grensposte deur Navo oorgeneem is, berig die Berliner Unschau. Reuter het vroeër oor die gebeure verslag gedoen. Kosovo, met ‘n 90 persent Albanese meerderheid, meestal Moslems, [...]

8:29 am | Posted in Algemeen,Nuus,Wêreld | Lees Verder »

Nuuskommentaar: Werkloosheid

werkloosheid

Cosatu se ontkenning dat dit bydra tot die werkloosheidsituasie in die land is pikant, om dit sagkens te stel. Terwyl 4 uit elke tien mense wat veronderstel is om te werk volgens die ekonoom, Mike Schussler, werkloos is, word bo-inflasie-eise aan werkgewers gestel Volgens die amptelike syfers het werkloosheid in Suid-Afrika in die tweede kwartaal [...]

6:02 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Gaan Kalifornië binnekort skud dat dit hik?

aardbewings 28 Julie

Doemprofete kry skietgoed Sommige wetenskaplikes is van mening dat Kalifornië al heeltemal oor sy “skedule” vir ‘n groot aardbewing is. Ander verskil daarvan. ‘n Groep doemprofete wil dit hê dat Kalifornië in 2012 ‘n grote gaan beleef. Daar is selfs webwerwe geskep om mense “op die hoogte van sake” te hou. Soveel doemprofete, soveel menings [...]

12:38 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Wêreld | Lees Verder »

AfriForum nooi ANC Jeugliga vriendelik uit om na hul finansiële boeke te kyk

afriforum

AfriForum het vandag ’n vriendelike uitnodiging aan die ANC Jeugliga (ANCYL) gerig om dié burgerregte-organisasie se hoofkantoor in Centurion te kom besoek om hul finansiële boeke te ondersoek. Dié uitnodiging volg nadat die ANCYL vandag in ’n mediaverklaring beweer het News24 (sic) het nou al “vir baie maande lank” advertensies vir AfriForum se “Stop Malema”-veldtog gratis [...]

10:38 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Recently Commented

  • Adriana Stuijt: En dan het die ANC volledige beheer daaroor?
  • pierre: Na 50jaar as lid van trasmed moet ek nou bedank asgv transnet se koppigheid om nie vir ons iets te doen nie
  • Catryn: Dankie vir die plasing van hierdie berig, Herman Toerien. Ek moet 300% met jou saamstem. Sal ek hierdie man...
  • Herman: Dankie Danie. Op MaroelaNuus was daar ook ‘n klompie kommentare. Ek sal dit waardeer as jy daar ook sal...
  • Danie du Preez: Dankie Herman, dit is die sinvolste bespreking oor oud-president FW de Klerk se moontlike bydrae in...
  • Carl Muller: In die lewe is daar slegte mense. Party is wit, geel swart en groen. En dan is daar die goeies. En dit...