Tuisblad » 2:48 pm
Entries posted on “February, 2011”

AfriForum het vandag in ʼn verklaring die Nama Khoi-munisipaliteit van gruwelike wanbestuur beskuldig nadat dit bekend geword het dat die dorp Springbok sonder water gelaat is. Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriForum se woordvoerder oor plaaslike regeringsake, ervaar Springbok al vir maande ernstige watertekorte. In een geval het ʼn huis al vir langer as 80 [...]
2:48 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die Verenigde Nasies se instelling van sanksies teen Moeammar Ghaddafi en die Libiese owerheid is ‘n aanduiding dat die internasionale gemeenskap nie aanvalle op burgerlikes sal duld nie. Die raad het die aanvalle op burgerlikes in Libië na die Internasionale Strafhof verwys om moontlike misdaad teen die [...]
1:02 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Wêreld | Lees Verder »

‘n Groep COPE-lede het ‘n optog buite die SAUK se kantoor in Port Elizabeth gehou in ‘n poging om die SAUK te verplig om sy mandaat te respekteer om diversiteit te bevorder. Die groep sê die SAUK se rol is om álle Suid-Afrikaners te dien, nie net die belange van die regerende party nie. COPE [...]
12:52 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

TLU SA het met ’n soort leedvermaak kennis geneem van al die mooi beloftes wat in die ANC se verkiesingsmanifes gemaak is. “Dit wil voorkom of die verkiesingsmanifes eerste geskryf is, en toe gebruik is as basis vir mnr. Zuma se Staatsrede en die Begroting net daarna,” sê mnr. Ben Marais, President van TLU SA. [...]
12:43 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Deur Herman Toerien Die storm wat oor die Arabiese lande waai, herskep die politieke landskap so vinnig dat analiste sukkel om by te bly. Een ding staan egter soos ‘n paal bo water – die wêreld sit regop oor die beskikbaarheid van sy lewensbloed – ru-olie. Die prys het gou tot ‘n hele ent oor [...]
7:45 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Wêreld | Lees Verder »

Deur Herman Toerien. Die Reitz 4-sage is ‘n klassieke voorbeeld van begin tot einde hoe nie gekommunikeer moet word nie. Selfs in die sage se sterwensoomblikke is opnuut hiermee verbrou, en het ‘n weergawe oor ‘n miljoen rand wat vir ‘n onderhoud met die BBC gevra sou wees, vir oulaas groot skade aangerig voor die [...]
5:39 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die PAC het Sondag bekend gemaak dat hy ‘n afvaardiging na Libië gaan stuur ter ondersteuning van Ghadaffi. Die party het die aankondiging op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap gedoen. Die afvaardiging sal gelei word deur die PAC-leier, Letlapa Mphahlele. Ghaddafi het die PAC destyds in sy stryd teen apartheid gesteun. ‘n Woordvoerder van die PAC, [...]
5:22 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Deur Herman Toerien Om ‘n regering in algemene belang te wees, soos wat ‘n werklike demokrasie vereis, beteken nie om alles vir almal te wil wees nie. In ‘n heterogene land is daar gewoon sektorale belange as ‘n regering nie almal met gelyke maat behandel nie. Hierdie waarheid word weer onderstreep deur die hofsaak waar [...]
7:23 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die regering beplan om ‘n meer omvattende veiligheidstrategie vir boere en plaaswerkers in landelike gebiede in te stel. Die Minister van Landbou, Tina Joemat-Peterson, sê die regering is veral bekommerd oor die veiligheid van plaaseienaars en landelike gemeenskappe. Die minister sê hulle kyk daarna om in vennootskap met Agri Sekerheid veiligheid op plase te verseker. [...]
7:10 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die Amerikaanse president, Barack Obama het telefoongesprekke gevoer met verskeie Europese leiers om te bespreek hoe die wêreldmoondhede moet reageer op die krisis in Libië. Hy het onder meer met die leiers van Brittanje, Frankryk en Italië gepraat. Volgens die Withuis het die gesprekke gefokus op planne om humanitêre bystand aan die land te bied. [...]
7:03 am | Posted in Nuus,Wêreld | Lees Verder »