Tuisblad » 5:25 am Entries posted on “December, 2010”

Waar is jy oujaar/nuwejaar? Koerant soek jou foto’s!

nuwejaar2011

Die stad Kaapstad het tien plekke uitgewys waar vuurwerke op Oujaarsaand geskiet kan word. ‘n Woordvoerder van die stad se rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes sê dit sal dit veiliger maak en ook help om beter beheer daaroor te hê. Volgens hom sal die polisie op al die toegewysde areas aan diens wees. Die Dierebeskermingsvereniging het ‘n [...]

5:25 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Kraakvars nuusbrokkies: 30 Desember 2010

Die polisie in Woodstock in Kaapstad het beslag gelê op tik, mandrax en heroïen ter waarde van sowat vyftienduisend rand. ‘n Woordvoerder van die polisie, Neville Malila sê vier mense is tydens die blitsveldtog in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof verskyn. Twee skepe het seerower-aanvalle langs die kus van [...]

7:43 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »

Nat nuwejaar verwag, met sterk winde

weer

Mense kan hulle gereed maak vir ‘n nat Nuwejaar oor die grootste deel van die land. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê reënweer word vanaf Vrydag oor die grootste deel van die land verwag, terwyl donderstorms in die Oos-Kaap ‘n gegewe is. Swaar reën word in die Vrystaat, suidelike dele van Kwa Zulu-Natal, Lesotho en die Oos-Kaap [...]

7:40 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

Uitspraak eers Dinsdag vir familie van agt wat sit oor kinderpornografie

child_crying

Die familie van agt wat in hegtenis geneem is op aanklagte van kinderpornografie sal tot aanstaande Dinsdag moet wag om uit te vind of hul borgtogaansoek in die Pretoria-Noord landdroshof suksesvol was. Hulle bly intussen in aanhouding. Die staat en die familie se regsverteenwoordigers het vandag hul finale regsargumente aan landdros Pierre Wessels voorgelê. Wessels [...]

2:34 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Noordwes wildboere wil kuddes opgee oor renosterstropery

wildsplaas

Verskeie wildboere in Noordwes oorweeg dit om hulle kuddes te verkoop weens die toename in renosterstropery op hulle plase. Renosterstropers gaan voort om renosters landwyd van kant te maak ondanks pogings van alle belanghebbendes om hulle te keer. Hulle sê die polisie faal hulle in hulle stryd teen stropers. Die polisie het intussen gesê dit [...]

6:27 am | Posted in Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Zimbabwiërs in SA het nog net 3 dae tyd

id_document

Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon en aansoek doen vir verblyfdokumente voor die spertyd op 31 Desember, sê hulle word weggewys omdat hulle nie aan die vereistes voldoen nie. Daar is nog drie dae tyd om vir wettige dokumente aansoek te doen. Die minister van Binnelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het verskeie kere beklemtoon dat die regering [...]

5:50 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Uitsaaines drink 24 keer vonkelwyn en vier 24 nuwe jare vir 2011

vonkelwyn

Dit is nie aldag moontlik om die nuwejaar 24 keer binne te gaan met vonkelwyn, jolyt en interaktiewe radio-uitsendings nie, maar Uitsaaines maak dit weer moontlik hierdie jaar met hulle gebruiklike oujaar/nuwejaar uitsending. ’n Glasie vonkelwyn vir elke tydsone wat die nuwejaar binnegaan, het nou al ’n gewilde instelling geword vir luisteraars van hierdie Afrikaanse [...]

11:00 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Vermaak | Lees Verder »

Ouers gevra om kinders in moedertaal te laat onderrig

moedertaal

AfriForum het ʼn beroep op ouers gedoen om hulle kinders in die komende jaar in skole te sit waar hulle in hulle moedertaal onderrig kan word.  Ouers word ook deur AfriForum versoek om in ʼn toenemende mate druk op die regering te plaas om moedertaalonderrig te voorsien in gevalle waar dit nie reeds beskikbaar is [...]

10:50 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Kraakvars Nuusbrokkies: 28 Desember 2010

Die Stad Kaapstad sê sy haai-waarskuwing vir strande in die Skiereiland bly van krag ondanks die feit dat niemand nog aangemeld het dat haaie gewaar is nie. ‘n Woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes, sê die see word daagliks met die oog gefynkam – veral die Valsbaai kuslyn, waar haai-aanvalle vantevore voorgekom het. Die Padverkeersbestuurskorporasie het gewaarsku dat [...]

6:34 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »

Ons land se paaie bly ‘n slagveld, ondanks verskerpte optrede

padongelukke

Die amptelike dodesyfer op die land se paaie sedert die begin van die vakansietyd is reeds meer as 900. Verkeersowerhede in die verskeie provinsies sê talle van dié ongelukke is veroorsaak deur gebarste bande. Verder is bestuurder-tamheid, onpadwaardige voertuie, dronk- en roekelose bestuur die grootste oorsake van ongelukke. Provinsiale verkeersowerhede het sedert die begin van [...]

5:27 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Recently Commented

  • Adriana Stuijt: En dan het die ANC volledige beheer daaroor?
  • pierre: Na 50jaar as lid van trasmed moet ek nou bedank asgv transnet se koppigheid om nie vir ons iets te doen nie
  • Catryn: Dankie vir die plasing van hierdie berig, Herman Toerien. Ek moet 300% met jou saamstem. Sal ek hierdie man...
  • Herman: Dankie Danie. Op MaroelaNuus was daar ook ‘n klompie kommentare. Ek sal dit waardeer as jy daar ook sal...
  • Danie du Preez: Dankie Herman, dit is die sinvolste bespreking oor oud-president FW de Klerk se moontlike bydrae in...
  • Carl Muller: In die lewe is daar slegte mense. Party is wit, geel swart en groen. En dan is daar die goeies. En dit...