Tuisblad » 4:22 pm
Entries posted on “November, 2010”

Die onderwysowerheid in Noordwes het die koshuisvader van die Christiana Skool vir Blindes geskors. Dit volg nadat vier leerlinge gister in die koshuis aan rookinasming dood is nadat ‘n brand in ‘n kamer uitgebreek het. Hulle liggame is naby die hoofingang gekry waardeur hulle waarskynlik wou probeer vlug. Drie van die seuns is blind terwyl [...]
4:22 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die sanger Jurie Els het sy saak teen Esmaré Weideman, die hoofredakteur van die tydskrifte Huisgenoot, You en Drum, en Media24, in die Appèlhof in Bloemfontein gewen. Weideman was redakteur van die drie tydskrifte toe ‘n artikel in 2008 gepubliseer is waarin die jong sanger Robbie Klay uitvoerig vertel het hoe Els hom na bewering [...]
1:10 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »
Die Britse rockgroep – Duran Duran – het sy Suid-Afrikaanse toer gekanselleer, ‘n week voor dit sou plaasvind. Die groep sê op sy webtuiste dat die toer-promotor nie sy kontrak nagekom het nie, wat aan die lede van die groep geen ander keuse gelaat het as om hul vertonings te kanselleer nie. Duran Duran sê [...]
9:44 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »

Die naasbestaandes van 29 mans wat in die Pike River-steenkoolmyn in Nieu-Seeland gesterf het, is ingelig dat hulle liggame dalk nie verwyder sal kan word nie. Dit volg nadat steenkool in die myn vroeër begin brand het.Dit is die soveelste terugslag vir die naasbestaandes van die 29 slagoffers. Reddingswerkers kon tot dusver nie by die [...]
9:39 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Wêreld | Lees Verder »

Vyf leerlinge van die Jules Hoërskool in Johannesburg sal voor ‘n proefbeampte verskyn nadat hulle by die skool in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms en alkohol. Drie seuns en twee meisies is vroeër tydens ‘n gesamentlike bewussynsveldtog tussen die Departemente van Gemeenskapsveiligheid en Onderwys, die polisie en die Onafhanklike Klagtedirektoraat aangekeer. ‘n [...]
6:21 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die Minister van Vervoer, Sbu Ndebele, het die implementering van die sogenaamde AARTO-stelsel tydelik uitgestel. Die stap volg op ‘n vergadering van die vakbondfederasie Cosatu se sentrale uitvoerende komitee wat die regering gevra het om die implementering van die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings te vries en meer tyd beskikbaar te stel om [...]
5:16 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »
‘n Amerikaanse Kongreslid het ‘n beroep gedoen dat WikiLeaks tot ‘n terroriste-organisasie verklaar word. Dit volg nadat die webtuiste duisende notas van Amerikaanse diplomate gepubliseer het. Peter King – wat op die Komitee vir Binnelandse Veiligheid in die Huis van Verteenwoordigers dien – sê WikiLeaks stel Amerikaners se lewens in gevaar. Die Nasionale Vervolgingsgesag het [...]
2:11 pm | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »

‘n Voorval van moontlike brandstigting word ondersoek nadat vier leerlinge dood is in ‘n brand in hul koshuis by die Christiana Skool vir Blindes in Noordwes. Volgens berigte is die slagoffers drie meisies van 10-jaar oud en nog ‘n meisie van 13-jaar oud. Die polisie sê die kinders se liggame is naby die hoofuitgang gekry. [...]
2:08 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

‘n Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, wat deportasie uit Kanada in die gesig staar, oorweeg sy regsopsies. Die Kanadese Federale Hof het Saterdag ‘n omstrede immigrasie-beslissing omgekeer wat Huntley vlugtelingstatus gegee het nadat hy beweer het dat hy in sy eie land deur swartmense vervolg word. Huntley het aangevoer dat witmense in Suid-Afrika deur swart misdadigers geteiken [...]
1:52 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die polisie soek volgens berigte na ‘n vierde verdagte in die moord op die Britse toeris, Anni Dewani. Dit volg te midde van toenemende bespiegelings oor die omstandighede rondom die moord op Dewani in Gugulethu vroeër die maand. Die polisie-ondersoekspan wil ook nie enige kommentaar oor die bespiegelings lewer nie. Volgens mediaberigte is Shrien Dewani, [...]
6:51 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »