Tuisblad » 2:43 pm Entries posted on “August, 2010”

Meer senior SAL personeel kan strafregtelik vervolg word

Nog senior personeel by die Suid-Afrikaanse Lugdiens kan strafregtelike aanklagte in die gesig staar wanneer aanklaers forensiese verslae van wanpraktyke onder die voormalige uitvoerende hoof, Khaya Ngqula bestudeer het. Ngqula word vir miljoene rand gedagvaar. ‘n SAL woordvoerder, Fanie Zulu, het na ‘n vergadering met die Parlement se Komitee oor Openbare Rekenings aan verslaggewers gesê [...]

2:43 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die ware helde van die staatsdiensstaking

GJ Crookes hospitaal, Scottburgh

Daar is wel diens en ook goeie diens by staatshospitale, soos wat die skrywer van hierdie berig eerstehands ervaar het. Daagliks lees en hoor mens van alles wat verkeerd loop by staatshospitale en baie min, indien ooit, hoor of lees mens van dinge wat wel ook regloop.  Goeie nuus verkoop nie koerante of tydskrifte nie, [...]

2:24 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

5 Ster hotel in Kaapstad op swartlys geplaas

Die bestuur van die Westin Grand, ‘n vyfster hotel in Kaapstad, sal na verwagting vandag met verteenwoordigers van die Amerikaanse Ambassade vergader nadat die Amerikaanse Ambassade die hotel op ‘n swartlys geplaas het. Die ambassade het vroeër Amerikaanse burgers in Suid-Afrika per epos en op sy webwerf gewaarsku oor diefstal by die hotel. Amerikaanse regeringswerkers [...]

7:12 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Earl opgradeer na kategorie 4, beserings en sterftes word verwag

Orkaan Earl is tot ‘n katagorie vier storm aangepas te midde van waarskuwings dat groot skade aangerig sal word indien die orkaan oor die Karibbiese gebied beweeg en die Amerikaanse kus bereik. Volgens voorspellings sal Earl by die Bahamas verby trek voordat dit moontlik later die week die Amerikaanse ooskus sal tref. Dit is nog [...]

7:07 am | Posted in Nuus,Wêreld | Lees Verder »

Regering se jongste aanbod, gaan stakers dit aanvaar?

Die regering het ‘n gewysigde aanbod aan stakende staatsamptenare voorgelê. Die jongste aanbod is nou ‘n sewe en ‘n half persent algemene salarisverhoging en die behuisingstoelaag is na 800 rand per maand opgeskuif. Die voorsitter van die Onafhanklike Arbeidskoukus, Chris Klopper sê die partye het ook ooreengekom dat hulle gesprek sal voer oor ‘n nuwe [...]

7:04 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Stakingsnuus: die jongste vandag!

koer

Die Johannesburgse Arbeidshof sal vandag die saak tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die vakbond POPCRU – wat met ‘n dreigende staking verband hou – aanhoor. Dit volg nadat die polisie en POPCRU verlede week aangekondig het dat sowat 145-duisend polisiebeamptes, verkeersbeamptes en tronkbewaarders by die staatsdiensstaking gaan aansluit. Hospitale en skole loop die ergste onder [...]

9:35 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

18 Jarige vas oor huurmoord op sy ouers

‘n Agtienjarige jong man verskyn na verwagting vandag in die landdroshof op Standerton in Mpumalanga, op ‘n aanklag van sameswering om moord te pleeg. Dit volg nadat hy die naweek in hegtenis geneem is omdat hy na bewering twee mans gehuur het om sy ouers te vermoor. Die 43-jarige man en sy 37-jarige vrou is [...]

9:31 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Bejaarde egpaar aangeval in Vrystaat

koer

‘n Bejaarde Vrystaatse egpaar is deur drie mans aangeval toe hulle gisteroggend van die kerk af tuisgekom het. Sersant Majang Mosupa, sê die 80-jarige Dirk Odendaal en sy 79-jarige vrou, Sophia van die plaas Verdun naby Bethlehem het teen twaalfuur by die huis gekom. Mevrou Odendaal is by die kombuisdeur deur drie mans met klapmusse [...]

9:27 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Blou bul rugbyspeler aangekeer vir moord, jongste inligting.

blou_bulle2

‘n Rugbyspeler van die Blou Bulle is in polisie-aanhouding in verband met die dood van ‘n Metro-polisieman in Pretoria. Die speler word by die Sunnyside Polisiestasie aangehou. Polisiewoordvoerder Katlego Mogale het bevestig dat die verdagte vroeg vanoggend in hegtenis geneem is nadat die polisie na die toneel in Schoemanstraat ontbied is. Die verdagte was na [...]

12:53 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Toyota herroep 1.3 miljoen voertuie

Toyota_Matrix

Toyota het meer as een-komma-drie-miljoen motors wat tussen 2005 en 2008 vervaardig was, in Amerika en Kanada herroep weens enjinprobleme. Dit is die jongste gebeure in ‘n reeks probleme by dié voertuigvervaardiger en die grootste terugroep van voertuie sedert Oktober verlede jaar. Toyota het nou reeds meer as 10-miljoen voertuie wêreldwyd herroep weens foutiewe petrolpedale [...]

7:49 am | Posted in Nuus,Wêreld | Lees Verder »

Recently Commented

  • Tiaan: Ek wonder hoe kyk mens iemand weer in die oe as jy sulke goed doen en dan is daar nog wit afrikaaners...
  • Herman: Dankie vir die raad. Ou laai van my – hoe korter ek ‘n artikel moet maak, hoe instinktief meer...
  • PietPress: Ouboet – jou sinne is te lank. G’n mens kan jou argument volg as mens so lomp in Afrikaans...
  • Johan: Sal daar ooit finale antwoorde wees op al die vrae? Sal daar ooit geregtigheid geskied oor die onreg deur die...
  • Ralie Swart: Hierdie stuk moet in Engels vertaal word en aan die Eerste minister in Engeland gestuur word. Plus al...
  • johan b: ten laaste is daar nog sa burgers wat bymekaar kan staan