Tuisblad » 11:54 am
Entries posted on “April, 2010”

’n Suid-Afrikaanse Katolieke priester wat na bewering heelwat seuns in Duitsland gemolesteer het, is teruggestuur deur die Rooms-Katolieke kerk om met sy amp voort te gaan in Suid-Afrika. Volgens ’n Duitse publikasie, Spiegel-online, het die priester heelwat seuns in Duitsland gemolesteer voordat hy teruggestuur is na Suid-Afrika. Volgens die publikasie, het ’n ander Priester asook [...]
11:54 am | Posted in Geloof,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Absa bank is skuldig bevind aan roekelose krediet verskaffing in die Port Elizabeth landdroshof, nadat hulle aan ’n 81 jarige pensionaris van Port Elizabeth ’n huisverband toegestaan het. Die hof het volgens die koerant, Herald Online, bevind dat die lening roekeloos was en geskrap moet word. Die uitspraak word beskou as ’n landmerk uitspraak in [...]
11:09 am | Posted in Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »
Die 19 jarige vrou wat daarvan verdink word dat sy ’n dag oue baba gesteel en ontvoer het, sal waarskynlik Maandag in die Mitchell’s Plain Landdroshof verskyn. Kaptein Rewayne Muller sê dat die vrou van Philippi wat in Johannesburg in hegtenis geneem is, aangekla word van kinder ontvoering. DNA toetse word tans gedoen om die [...]
10:49 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »
UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN BLOEMFONTEIN. WAARSKUWING: ————Geen. 1.GAUTENG:———-Gedeeltelik bewolk en koel. 2.MPUMALANGA:————-Oggend miskolle oor die oostelike hoogliggende dele en motreen oor die platorand andersins gedeeltelik bewolk en koel maar warm in die laeveld. Enkele donderbuie word verwag oor die platorand en die laeveld. 3.LIMPOPO PROVINSIE:——————–Oggend miskolle en motreen oor die [...]
5:44 am | Posted in Weer | Lees Verder »

Afvaardigings van die Wes-Kaap se regering het besluit om die Nasionale Vervolgingsgesag te nader om die busmaatskappy SA-Roadlink te vervolg vir beweerde padverkeers oortredings. Hulle doel is om dan al SA-Roadlink se permitte gekanselleer te kry, sou hulle vervolging van die maatskappy slaag. Die busmaatskappy het vanaf Desember 2006 onder verskeie ondersoeke deurgeloop, wat verband [...]
5:12 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Dirk Hermann van Solidariteit skryf op sy blog as volg: Ons wil ʼn Suid-Afrikaanse rekord opstel vir die meeste protesmemorandums wat op een dag oorhandig word. Misdaad raak elke gemeenskap, klein of groot, en ons wil protes daarteen aanteken in elke gemeenskap. Mense regoor Suid-Afrika het ingestem om deel te neem aan die groot dag. [...]
7:30 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

’n Besigheidsman van Gauteng wat ’n diefstal by die Durbanse polisie wou aanmeld, is na bewering aangerand, rassisties verkleineer en toegesluit in ’n polisie prisoniers trok wat stink van urine. Die 30 jarige Carl Wessels van Meyerton het Maandag in Durban aangekom en hy was tuis by ’n Suid-Strand hotel in Durban. Hy beweer dat [...]
6:56 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »
UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS SE KANTOOR IN BLOEMFONTEIN. WAARSKUWING: ————Geen. 1.GAUTENG:———-Oggend miskolle andersins bewolk en koel. 2.MPUMALANGA:————-Oggend miskolle oor die Hoeveld andersins bewolk en koel tot koud met enkele donderbuie in die weste.Dit sal warm wees in die Laeveld met motreen langs die Platorand. 3.LIMPOPO PROVINSIE:——————–Oggend miskolle oor die hoogliggende gedeeltes andersins bewolk [...]
5:44 am | Posted in Weer | Lees Verder »

Die hoë vlakke van misdaad in Suid-Afrika het die drome en aspirasies van sy inwoners wat hulle gekoester het na die 1994 verkiesing vernietig, het die Vryheidsfront plus gister gesê tydens Vryheidsdag vieringe. “Vanaf 1994, is meer as 300 000 mense in Suid=Afrika vermoor” het Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront plus, gister in Potchefstroom [...]
4:54 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »
Die vrou wat na bewering ’n dag-oue baba ontvoer het, oor wie Koerant gister berig het as gesoek deur die polisie, is opgespoor en in hegtenis geneem in Johannesburg, volgens berigte op SABC-Nuus. Die 20 jarige vrou van Philippi op die Kaapse vlakte, het blykbaar aangebied om na ’n dag oue baba te kyk, terwyl [...]
4:22 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »