Subscribe by Email

Darling-krieketklub uitslae

Darling krieketklub is steeds op die wenpad.

Die Darling-krieketklub het Saterdag 11 Februarie vir Drakenstein Edu van Paarl op Darling se sportgronde die stryd aangese.

Darling boul almal uit vir 77 lopies binne 26 beurte – Eaton Sias (4 paaltjies), Karel Bruintjies (3 paaltjies) en Denwill Philander (2 paaltjies) het die verwoesting gesaai.

Darling-krieketklub het die wen lopies binne 9 beurte aangeteken met St Christopher Adams (31) en Eaton Sias (31) wat baljaar onder Drakenstein Edu se boulers.