Subscribe by Email

Dan Bovu van die ANC ontken die EFF se bewerings van omkopery

danDie ANC se Dan Bovu ontken dat hy probeer het om EFF-raadslede in Johannesburg om te koop om vir die ANC te stem by vandag se raadsvergadering. Volgens die EFF het Bovu aan verskeie van sy raadslede geld aangebied om vir die ANC te stem. Die party sê hulle gaan ‘n klag van omkopery teen Bovu indien en het gewaarsku dat die party se stemme nie te koop is nie. Bovu het hierdie bewerings ontken en gesê hy gaan ‘n lastersaak teen die EFF aanhangig maak. Hy sê die EFF is desperaat besig om aandag te soek.

Intussen het die ANC se uitvoerende streekskomitee in die groter Johannesburg-gebied gesê die party sal voortgaan om die mense te dien, selfs al is dit vanuit die opposisiebanke. Die ANC het tydens die plaaslike verkiesing nie ‘n volstrekte meerderheid in Johannesburg behaal nie. Die DA het ‘n koalisie met kleiner partye gevorm in die hoop om die posisie as burgemeester te kry. Die EFF het belowe om vir die DA te stem al is hulle ontevrede met die DA se burgemeesterskandidaat, Herman Mashaba. Die raad vergader vandag om ‘n speaker en burgemeester te verkies en dit belowe om spannende aangeleentheid te wees.