Subscribe by Email

Dakke afgewaai in Thohoyandou

1thohoyandou_suburbDie dakke van verskeie huise in die Thohoyandou-gebied in Limpopo is tydens ‘n storm afgewaai. Die woordvoerder van die Vhembe-distrikmunisipaliteit, Matodzi Ralushai, sê die gebiede wat geraak word, sluit in Makonde, Kubvi en Makumeke buite Malamulele. Ralushai sê hulle sal binnekort die skade assesseer. In die Vrystaat het ‘n storm oornag ook verskeie huise in Refengkgotso by Deneysville beskadig. Die munisipaliteit sê hulle is besig om die omvang van die skade te bepaal en sal dan maniere oorweeg om die gemeenskap by te staan.